Afrikaans, On a Serious Note

Ouma…

Ek skryf gewoonlik hierdie blog in Engels omdat meeste van my familie en vriende asook meeste van die mense op die internet Engels verstaan. As ek nou heeltemal eerlik moet wees is dit ook omdat my rekenaar my dan kan vertel as ek foute maak. Hierdie keer is wel anders. Ek skryf nie hierdie stuk vir die algemene publiek nie. Ek skryf dit meer vir myself en daarom skryf ek dit in die taal van my hart. Met die hulp van ‘n HAT, natuurlik.

Ek het myself nog nooit regtig as die familie tipe beskou nie. Ek was maar nog altyd op my eie en het nooit gevoel asof ek aan ‘n spesifieke groep mense behoort nie. Soos Amanda Strydom sê; “Ek loop die pad alleen, my lam.” Maar dit beteken nie dat ek nie mense het vir wie ek lief is nie. En al het ek ‘n familie wat uit baie mense bestaan (vir wie ek ook lief is), was daar nog altyd twee mense wat ‘n konstante rol in my lewe gespeel het: my ma, natuurlik en my ouma.

Vandat ek kan onthou was Ouma Annetjie daar gewees. My lewe het nooit sonder haar bestaan nie. Al het sy in Jan Kempdorp gebly wat ‘n goeie ses ure se ry van my tuisdorp Harrismith af is, was ons nog altyd in kontak met mekaar. Ons het gereeld oor die telefoon gesels en selfs briewe geskryf. Later het ons meer modern geword en begin om vir mekaar SMS’e te stuur. En natuurlik het ons gaan kuier. Daai ses ure in ‘n kar of bakkie sonder ‘n radio of lugversorging was maar ‘n beproewing, maar ek het altyd geweet dat dit die moeite werd sou wees. Al was Jan Kempdorp tien keer warmer as my koel Harrismith, het dit nie saak gemaak nie. Want ons was by Ouma se huis. En by Ouma se huis is alles wonderlik. Daar is geen kommernis oor wat môre sou bring, geen hartseer. Net blydskap. Om saam met Ouma by die tafel te sit en gesels was meer as genoeg vir my.

Ouma het my altyd ondersteun in my drome. Soos ek het sy ook op ‘n tyd gedroom van ‘n lewe as ‘n aktrise en skrywer, maar haar omstandighede en die era waarin sy groot geword het het dit nie toegelaat nie. Sy het ‘n moeilike lewe gehad, maar dit het haar nooit geknak nie. Sy het vas geglo dat ek my drome moes volg en sy was seker nog meer bly as ek toe ek uiteindelik my agent gekry het.

In 2010 het dinge begin om te verander. Na my oupa se dood in 2007 het Ouma besluit om by ons te kom bly. So lief soos wat ek vir haar is kan ek nie sê dat Ouma ‘n maklike mens was nie. Ek kan dit ook nie oor my ma of myself sê nie. Ons het ‘n paar keer lelik vasgesit.

In dié tyd het ek gevind dat ons verhouding begin het om te verander. In my tienerjare het ek baie hard gesukkel met my demone van depressie en selfmoord neigings. Ouma het dit nie verstaan nie en sy kon my nie help nie. Ons het begin om verder van mekaar af te dryf, maar ten spyte daarvan was daar altyd ‘n sterk band tussen ons wat geen afstand kon breek nie. Al het ons ook hóé gestry was ons altyd lief vir mekaar.

In 2012 het ek na Pretoria toe gekom om drama te swot. Met elke nuwe produksie en elke oudisie het ek altyd ‘n SMS gekry om my sterkte toe te wens. Die SMS het gewoonlik met “Hi Handsome!” begin, omdat sy geweet het dat ek sukkel om vrede te maak met my voorkoms. Later was sy so modern dat sy selfs WhatsApp aangepak het.

In die laaste paar maande van haar lewe het Ouma skielik baie vinnig agteruit gegaan. Sy kon nie meer eet nie. Ons het geglo dat dit as gevolg van my oom se ontydige dood was en dat sy in ‘n depressie in verval het. Later het my ma besluit om haar te vat vir toetse, angesien niemand kon verstaan wat aangaan nie. Ek was daardie week by ‘n kunstefees en het nie baie kontak met my ma of Ouma gehad nie. Dit was doelbewus, want ek wou nie hoor wat ek reeds geweet het nie. Iets was fout. In daai laaste paar weke het ek geweet dat haar tyd besig was om op te raak. Maar ek wou nie ‘n bevestiging van my vrese hê nie. Ek wou aanhou klou aan die hoop dat ek verkeerd was en dat dinge weer sou wees soos hulle voorheen was. Uiteindlik het ek nie meer ‘n verskoning gehad nie. Vrydagaand het my ma gebel.

“Ouma het maagkanker.”

Ek het geweet wat dit beteken. Maagkanker loop in die familie. Die dokter het gesê dat ons binne die volgende twee of drie weke sou moes kom as ons haar nog by haar positiewe wou sien. Ek was onseker van wat om te doen. Na ek gewik en geweeg het, het ek besluit dat ek die volgende week sou ry. Ek wou nie gaan om haar te “groet” nie, maar ek wou haar sien. Die plan was dat sy daai Maandag na die ouetehuis toe sou gaan. Daardie selfde Maandag het ek ‘n oudisie gehad in Johannesburg. Na die tyd het ek ‘n vriendin by ‘n koffiewinkel ontmoet. Toe ek uiteindelik weer in Pretoria was, was dit al na vyfuur. My ma bel toe om te sê dat die dokter Ouma nie ontslaan het nie. Hy het gesê dat sy toe swak sou wees om na die ouetehuis toe te gaan. Eers wou ek dadelik in my kar klim en ry, maar met die verkeer daardie tyd van die dag het ek geweet dat ek miskien eers na negeuur in die aand by die hospitaal sou wees en dat sy dan heel moontlik sou slaap. Ek besluit toe om vroeg te gaan slaap en drieuur die volgende oggend te ry. Kort voor tienuur die aand het ek wakker geword. Ek het vir my ma ‘n boodskap gestuur om te vra of sy nog by die hospitaal was en toe bel sy.

Ouma was weg.

Trane het by my wange af geloop, maar ek het ‘n diep, gerustellende kalmte oor my gekry. Want ek het geweet dat haar lyding oor was. Na 84 jaar op hierdie aarde was Ouma Annetjie weg.

Vandag is dit ‘n maand na haar dood. Die lewe gaan aan, maar die wêreld is anders. Die kleure is nie so helder soos vantevore nie. Die musiek klink nie so goed soos dit eens was nie. Vandag oor vier maande word ek 24 en Ouma sal nie daar wees nie. Ouma sal nooit by my troue wees nie. Ouma sal my nie in ‘n film of ‘n reeks sien as dit ooit sou gebeur nie. Ouma is weg. Al klink dit ook hoe dom het ek nog nooit regtig aan my lewe sonder haar gedink nie. Toe my vriendin Jodie laas jaar gesterf het, het ek nooit gedink dat Ouma minder as ‘n jaar van lewe oor gehad het nie. Ook nie toe ek my kat, Pikgittina, verloor het nie. Want as dit kom by die mense vir wie jy lief is dan wil jy nie aan ‘n einde dink nie.

Een van Ouma se gunsteling herhinderinge aan my kinderjare was een dag toe ek blomme gepluk het in haar tuin.

“Ouma, weet jy hoekom is die blomme so mooi?”

“Hoekom, my kind?”

“Want God het hulle gemaak.”

2654

Maak nie saak hoe oud ek word or waarheen ek gaan nie, in my hart sal ek altyd daai klein seuntjie in my Ouma se tuin wees. Een dag sal ons weer blomme pluk. Tot dan sal ‘n deel van my hart altyd weg wees.

Follow me on Instagram

Follow me on Twitter

Advertisements
Standard

15 thoughts on “Ouma…

  1. Pingback: The Friendship Breakup | Life and Other Catastrophes

  2. Pingback: Grieving: I Didn’t Get The Memo | Life and Other Catastrophes

  3. Pingback: The Pink Ribbon | Life and Other Catastrophes

  4. Pingback: Rearview | Life and Other Catastrophes

  5. Pingback: I Want to Sleep | Life and Other Catastrophes

  6. Pingback: Goodbye 23: What I’ve Learned | Life and Other Catastrophes

  7. Pingback: The Quarter Life Crisis | Life and Other Catastrophes

  8. Pingback: Oh Shit, It’s 2016 | Life and Other Catastrophes

  9. Pingback: The River | Life and Other Catastrophes

  10. Pingback: Cats Always Know | Life and Other Catastrophes

  11. Pingback: ‘n Paw Paw Vir Ouma | Life and Other Catastrophes

  12. Pingback: You Gotta Have Friends | Life and Other Catastrophes

  13. Pingback: Signs of a Struggle | Life and Other Catastrophes

  14. Pingback: The Moth | Life and Other Catastrophes

  15. Pingback: 15 Jaar Plesierig | Life and Other Catastrophes

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s